Kinders van die Lig
Kinders van die Lig
Kinders van die Lig is 'n bediening wat daarop gerig is om kinders in die kennis van God se Woord te laat groei en hulle te lei tot 'n lewende verhouding met Jesus Christus. Die bediening het sy oorsprong as 'n evangelisasie- en uitreikaksie binne die APK en fokus daarop om die lig van die evangelie na die volgende geslag uit te dra.
Julle is die lig vir die wêreld." – Matteus 5:14
By APK Orania is ons dankbaar vir die geleentheid om kinders geestelik toe te rus deur Bybelonderrig, Christelike gemeenskap en aktiwiteite wat hulle help om as verbondskinders van die Here te groei. Ons begeerte is dat elke kind sal leer om die Here lief te hê, Hom te dien en as 'n lig in die wêreld te skyn
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."
Matteus 28:19–20
Verwante Plasings
Dankfees
WebAdmin Algemeen Junie 4, 2026 Dankfees Dankfees Die jaarlikse Dankfees van APK Orania is 'n besondere geleentheid...

